https://www.youtube.com/channel/UC3RSDarfkvvV3IBAbdp0utQhttps://sacoronavirus.co.za/http://www.im-info.co.za/http://www.integrated-marketing.co.za/

Wil om te Help konferensie

Wil om te Help konferensie

 

Wil om te Help konferensie

Vir Solidariteit Helpende Hand is dit belangrik om gemeenskapsontwikkeling op ’n holistiese wyse aan te pak. Hiervoor skep ons ’n geleentheid, in jóú gemeenskap, om nie net toegerus te wees en jou werk met ywer te doen nie, maar om saam met ons netwerke te vorm.

Die doel van die Wil om te help-werkswinkel:

  • ’n Bederfoggend saam met ander professionele persone
  • Uitbreiding van kennis en vaardighede
  • Netwerkgeleentheid en om ander van jou werksaamhede te vertel
  • Inspirasie om jou werk met nuwe moed te doen

Maak jou hand weer gewillig om te help, gewillig om te werk in jou gemeenskap.  Kom woon die vierde Maatskaplike konferensie in die Wes-Kaap by.  Jy sal nie spyt wees nie!

 

Datum: Dinsdag 15 Maart

Tyd: 8:30 – 15:30

Plek: Hoogeind Manor, Somerset Wes / Strand

Koste: R250 (sluit middagete in)

Besprekings: https://helpendehand.co.za/wilomtehelp/

 

Daar is ook bemarkingstafels beskikbaar waar jy teen R250 jou organisasie kan bemark.  Hiervoor kan jy ʼn banier op slaan, pamflette en enige ander bemarkingitems bring om uit te stal.  Slegs ʼn sekere aantal plek is beskikbaar.  Spring dus vinnig indien jy hierin belangstel.  Om jou tafel te bespreek, stuur ʼn e-pos aan alisha@helpendehand.co.za

 

Sprekers vir die dag:

1. Marieta Kemp - Die risiko-omgewing waarbinne nieregeringsorganisasies werk
2. Wanda Bam – Leef jy of bestaan jy? Behou jou ewewig tussen gee en ontvang
3. Johan Laten – Depressie, ʼn uitdaging van ons tyd.
4. Debbie Laubscher – E-pos etiket
5. Birgitt Smit – Selfverdediging

 

Vir verdere navrae, kontak ons direk.  Moenie uitmis op hierdie dag van inbou in JOU lewe nie.  Jy het dit nodig!

Wil om te Help konferensie
CONTACT DETAILS
Start Date: 15 March, 2022
End Date: 15 March, 2022
Phone: 082 923 1438
Venue: Hoogeind Manor, Somerset Wes / Strand
E-mail: alisha@helpendehand.co.za